SA RECIPES5



- Resepte -

























































Terug Naar Inhoudsopgave

Aartappel In Sous

(`n Sondagaand gereg)

Bestanddele:
1 tel olie
1 ui - fyngekap
1 tel fyngekapte groen rissie
5 gekookte aartappels
1 tel pietersielie
sout en peper na smaak
1 kop Bisto-sous

Voorbereidingsmetode:
Smelt die vet in n pan en sorter die
uie en groen rissie, moet nie verbruin.
Sny aartappels in dun
skywe en voeg by die uie.
Voeg pietersielie, sout, peper na
smaak asook die Bisto sous.
Bedek pan en pruttel vir 30 min.
Terug Naar Inhoudsopgave



Aartappelkaaskoekies

Bestanddele:
3 aartappels, geskil
1 ui
1 eier, geklits
30ml koekmeelblom
sout en peper na smaak
5ml bakpoeier
125ml gerasperde Cheddarkaas
10ml gekapte pietersielie
olie om in te braai

Voorbereidingsmetode:
Rasper die aartappel en ui saam.
Roer die eier, koekmeelblom,
sout, peper en bakpoeier by.
Roer die kaas en pietersielie by.

Skep lepelsvol van
die mengsel in vlak,
warm olie en braai dit tot
goud bruin aan albei kante.

Dreineer dit op kombuispapier.
Bedien dit dadelik.
Terug Naar Inhoudsopgave



Aartappel Souttert

Bestanddele:
440g warm fynaartappels (500 ml)
2g sout (2 ml)
45g botter (50 ml)
8g bakpoeier (10 ml)
2 eiers - geklop

Voorbereidingsmetode:
Meng die warm aartappels,
sout en botter.
Laat koud word en roer
die bakpoeier en eier by.
Roer tot glad.
Voer `n langwerpige
tertbak met die mengsel
uit en vul met die volgende vulsel:

Bestanddele:
250g ham of koue soutvleis - grof gekap
80g gerasperde kaas (250 ml)
3 hardgekookte eiers - fyngekap
2 eiers
250ml melk
2g sout (2 ml)
500mg peper (1 ml)

Voorbereidingsmetode:
Meng die vleis,kaas en hardgekookte
eiers en skep dit in die aartappelkors.
Klop die eier, melk, sout en peper en giet bo-oor.
Bak 180° C, 30 min. tot goudbruin en gaar.
Terug Naar Inhoudsopgave



Aartappel Viskoekies

Bestanddele:
300g gaar gepluisde vis (500 ml)
440g fynaartappel (500 ml)
1 eier
500mg peper (1 ml)
1 klein ui - fyngekap
12,5ml suurlemoensap
5g sout (5 ml)
kookolie vir diepvetbraai
suurlemoenwiggies
pietersielie

Voorbereidingsmetode:
Meng al die Bestanddele deeglik,
vorm in koekies en rol in meelblom.
Braai ligbruin aan albei kante in war m olie.
Rangskik in `n warm skottel en garner
met suurlemoenwiggies en pietersielie.
Terug Naar Inhoudsopgave



Aartappel Vleisbroodjie

Bestanddele:
500 g gemaalde beesvleis
500 g gemaalde varkvleis
1 ui - gemaal
440 g fynaartappel
5 g sout
500 mg peper
2 eiers - geklop
pietersielie

Voorbereidingsmetode:
Meng die vleis, ui, aartappel, sout,
peper en eiers liggies saam.
Skep in n gesmeerde bakskottel.
Bak 180°C omtrent 1 uur of
totdat dit gaar en goudbruin is.
Keer uit op n warm opskepskottel.
Sit warm of koud voor.
Garneer met pietersielie.
Terug Naar Inhoudsopgave



Avokadopeer Vulsel

Bestanddele:
Avokadopeer - Fyn gedruk
Mayonaise
Sout en Peper na smaak
Ui - baie fyn gerasper

Voorbereidingsmetode:
Meng alles goed saam en gebruik
as 'n vulsel op 'n toebroodjie.
Terug Naar Inhoudsopgave



Biltong

Hierdie is 'n heerlike biltong-resep, maar dit
werk meer op "gevoel" as presiese hoeveelhede.
So sien jou eerste paar pogings as eksperimente
tot jy jou hoeveelhede en weektye reg kry
(maak 'n nota van wat jy doen vir volgende keer).
En dan hoef jy nooit meer te smag
na die smaak van biltong nie!

Bestanddele:
2kg Bief - bv. 'n lendestuk, in repe gesny
1/2 koppie Bruin Asyn (onverkrygbaar in Amerika,
so ek gebruik Rooiwyn Asyn - werk pragtig)
1/4 koppie Worcestersous
Ongeveer 1 koppie goeie kwaliteit klipsout
(die groot kristalle, nie gewone
tafelsout of growwe sout nie)
1/2 koppie sagte bruinsuiker
Wit peper (na smaak)
Geskroeide, gemaalde koljander, na smaak
(ek gebruik ongeveer 3 eetlepels)
Ongeveer 1 teelepel Koeksoda,
veral as die vleis redelik taai is

Voorbereidingsmetode:
Maak gaatjies in die deksels van twee klein botteltjies
en gooi die asyn in een en die Worcestersous in die
ander (ek gebruik sommer 'n groterige soutpotjie
en meng die asyn en Worcestersous).

Bestrooi die vleis met die
koeksoda, peper en koljander.

Strooi 'n bietjie van die klipsout
en bruin suiker in 'n dun
lagie onder in 'n skottel of bak
groot genoeg vir die vleis.

Pak 'n lagie vleis in die skottel -
begin met die dikste stukke.
Besprinkel met die asyn en Worcestersous
en strooi weer 'n lagie sout en suiker oor.

Herhaal die lae.
Maak seker jy gebruik jou
speserye op so 'n manier
dat hulle opraak net met
jou laaste laag vleis.
Laat die vleis in die pekel lê vir 8 tot 12 ure
(afhangende van hoe dik dit gesny is)

Haal die vleis uit en "druk"
droog met jou hande -
maak seker jy verwyder al die
oortollige sout en speserye.

Afhangende van jou smaak, kan jy
op hierdie stadium meer gemaalde
koljander en/of grofgemaalde
swart peper in die vleis druk,
maar maak seker jy neem
notas van wat jy doen
sodat jy dit kan onthou en
aanpas vir die toekoms.

Hang jou vleis op om te droog.

Ek het 'n "biltongmasjien" gebou -
baie goedkoop en eenvoudig en dit
werk soos 'n droom in enige seisoen.
Net nie groot genoeg vir 'n hele koei nie!

Ek het 'n gewone "box fan"
(daai vierkantiges) gevat,
vier rakke gebou om op
hom te pas - houtrame
met "chickenwire" -
en dan pak ek die
biltong of droëwors op
die rakke en hou die hele
spulletjie bymekaar
met bungee-rekkies.

Ek het gewoonlik binne 3 dae biltong,
selfs in die somer of wanneer dit bedompig is.
Nog nooit probleme met muf gehad nie.
Terug Naar Inhoudsopgave



Biltong En Kaasskons

Bestanddele:
100ml gerasperde Cheddarkaas
150ml gerasperde biltong
420ml koekmeelblom
15ml bakpoeier
120ml melk
35ml botter/margarien
3ml Bovril
1 eier

Voorbereidingsmetode:
Sif alle droe bestanddele saam,
behalwe die kaas en die biltong.
Vryf die botter in die meelmengsel
totdat dit korrelrig is.
Voeg die kaas en die biltong daarby.

Klits die Bovril, eier en melk saam en sny die
mengsel met 'n mes in die bottermengsel in.

Rol die deeg uit in die verlangde
dikte en sny in vierkante.

Plaas effens van mekaar op 'n
gesmeerde bakplaat en bak by
220C vir plus-minus 12-15 minute.
Dien op met botter terwyl dit nog warm is.
Terug Naar Inhoudsopgave



Bobotie



Bestanddele:
1 kg beesmaalvleis
1 dik sny bruinbrood
250 ml melk
2 uie, gehalveer en
in skywe gesny
30 ml sonneblomolie
15 ml matige kerriepoeier
10 ml borrie
15 ml fyn appelkooskonfyt
1 eier, geklits
30 ml witwynasyn
lourierblare
3 eiers
375 ml melk
sout en varsgemaalde
swartpeper na smaak

Voorbereidingsmetode:
Verhit jou oond tot 180 grade C.

Week die bruinbrood tot sag in die melk.
Maak die brood fyn met 'n vurk.

Verhit die olie in 'n pan en braai
uie tot sag en effens bruin.

Voeg die kerriepoeier, borrie en appelkooskonfyt
by en braai liggies vir sowat 2 minute.
Haal die pan van die hitte af.

Meng die maalvleis en brood in 'n mengbak.
Voeg die uiemengsel en die res van die
bestanddele behalwe die lourierblare by.
Meng goed en geur met sout
en varsgemaalde swartpeper.

Plaas die mengsel in 'n oondbak van sowat
30 x 25 cm en druk die lourierblare bo-op.

Sit in die warm oond en bak vir 15 minute.

Klits intussen die eiers en melk saam
en geur met sout en swartpeper.

Haal die bobotie uit die oond
en gooi die eiermengsel oor.

Plaas terug en bak verder
vir nog 25 minute.
Terug Naar Inhoudsopgave



Boeliebief Souttert

Bestanddele:
3 snye witbrood,
korsies verwyder
375ml melk
1x300g boeliebief
1 ui, gekap
15ml olie
250ml gerasperde kaas
3 ekstra groot eiers, geklits

Voorbereidingsmetode:
Voorverhit oond tot 190C en smeer ‘n medium
tertbord met botter of bespuit met Spray & Cook.
Meng al die bestanddele en keer uit in tertbord.
Bak vir 30-45 minute tot goudbruin en gestol.
Bedien met ‘n slaai.
Terug Naar Inhoudsopgave



Boereworspastei

(Bedien: 6)

Bestanddele:
500 g boerewors
(oorskiet van braai werk goed)
3 eiers, geklits
1 klein blikkie soetmielies
botter, melk, sout en peper
6 medium aartappels, geskil
(of een sakkie aangemaakte Smash)
1 k gerasperde Cheddarkaas

Voorbereidingsmetode:
Braai boerewors, ontvel
en sny in dik skywe.

Kook aartappels tot gaar.
Geur met 'n klont botter
en 'n bietjie melk.

Voeg soetmielies,
¼ van die kaas en
geklopte eiers by.
Klop mengsel tot romerig.

Pak boereworsskyfies in 'n oondvaste
bak en skep aartappelmengsel oor.
Druk mengsel plat met vurk.
Strooi gerasperde kaas oor.

Bak tot kaas gesmelt is en
plek-plek bruin begin word.
Terug Naar Inhoudsopgave



Cheddarkaas Aartappels

Bestanddele:
400g aartappelblokkies (500 ml)
2 klein heel uie
5g sout (5 ml)
250ml witsous
32g gerasperde Cheddarkaas

Voorbereidingsmetode:
Koos die uitjies in`n
bietjie water tot amper sag.
Voeg die aartappelblokkies
en die sout by en kook totdat
die ui sowel as die aartappel sag is.

Skep in `n bakskottel, bedek met
die witsous en strooi die kaas oor.
Bak 200° C tot effens bruin.
Terug Naar Inhoudsopgave



Crunchies

Bestanddele:
1 koppie koekmeel
1 koppie klapper
1 koppie hawermout
twee-derde koppie bruinsuiker
knypie sout
125 g ongesoute botter
1 eetlepel goue stroop
½ teelepel koeksoda
2 eetlepels kookwater

Voorbereidingsmetode:
Meng meel, klapper, suiker
en hawermout goed.

Smelt botter in klein pannetjie
en meng koeksoda en water by
en gooi stroop by bottermengsel.
Gooi by droë mengsel en meng goed.

Voer bakplaat ui met bakpapier.

Rol teelepels vol deeg in klein
balletjies en sit op bakplaat.
Ver genoeg van mekaar sodat
koekies nie ineen loop nie.

Bak vir 15 tot 20 minute
tot gaar by 180°C.

Laat in bakplaat afkoel.
Terug Naar Inhoudsopgave



Eiervulsel Vir Toebroodjies

Bestanddele:
2 Gekookte Eiers - Fyn gedruk
Kaas - Baie fyn gerasper
Tamatiesous - Baie min
Mayonaise
Knippie Mosterd
Sout

Voorbereidingsmetode:
Meng alles goed saam en gebruik
dit as 'n vulsel op 'n toebroodjie.
Terug Naar Inhoudsopgave



Gebakte Roomspinasie



Heerlik!

(Genoeg Vir: 6 Persone)
(Bereidingstyd: 15 minute)
(Gaarmaaktyd: 30 minute)
(Oondtemperatuur: 180°C)

Bestanddele:
1,3 kg vars spinasie, die dik,
wit ribgedeeltes verwyder
3 eiers
500 ml room
100 g parmesaankaas, gerasper
2,5 ml gerasperde neutmuskaat
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Voorbereidingsmetode:
1.) Was die spinasie en stoom dit net met die
druppels wat daaraan kleef tot sag en verlep.
Dreineer, druk die oortollige vloeistof met
die hande uit en kap dit rofweg fyner.

2.) Klits die eiers en room en
gooi die parmesaankaas,
neutmuskaat en geurmiddels by.
Wees versigtig met die sout
omdat die kaas ook sout bevat.

3.) Gooi die roommengsel by die
spinasie en roer dit deur.
Giet die mengsel in 'n
mediumgroot gesmeerde
oondbak van sowat 5 cm diep
en bak die spinasie in die
boonste helfte van 'n voorverhitte
oond vir 30 minute of totdat die
bokant bros en goudbruin is.
Die middel moet romerig wees.
Sit dit voor as bygereg.

Wynvoorstel:
'n Droër styl witwyn met sitrus op die neus
sal die beste in die spinasie na vore bring.
Terug Naar Inhoudsopgave



Gebruike Van Kruie En Speserye



Pimento (Allspice) - Bredies
Basiliekruid (Basil) - Tamatie, eier, kaas, skaap, visgeregte en slaaie
Lourierblare (Bay leaves) - Sop, bredies, maalvleis, bobotie, piekels,
vis en pastas
Kappertjiesaad (Capers) - Vis- en ander seekosse
Rissiepeper (Cayene pepper) - Kaas- en eiergeregte
Chilli - Sterk gegeurde vleis-, vis en groentegeregte
Grasuie (Chives) - Slaaie, sop, souse en doopsouse
Kaneel (Cinnamon) - Souse en vrugtegeregte, soetpatats, -pampoen, nageregte, soetgebak
Naeltjies (Cloves) - Hoender-, vark-, vis- en wildsvleisgeregte
Koljander (Coriander) - Vleis, droëwors en biltong
Vinkel (Fennel) - Groente en slaaie
Knoffel (Garlic) - Vleis, vis, groente en slaaie
Gemmer (Ginger) - Soetgebak, kerrie en soet-suur vleisgeregte
Peperwortel (Horseradish) - Gebraaide bees en skaap
Foelie (Mace) - Bredies, frikkadelle, roomsouse en hoendervulsels
Moederkruid (Marjoram) - Sop, bredies and vleisvulsels
Ment (Mint) - Groente en vis (met botter)
Mostert (Mustard) - Vleis, vis, groente, souse en sop
Neutmuskaat (Nutmeg) - Vleis, groente en soetgebak
Oreganum (Oregano) - Sop, bredies, slaaie, Italiaanse geregte o.a. pizzas en pastas (wat tamatie bevat)
Paprika - Vleisgeregte, groente en slaaie
Pietersielie (Parsley) - Sop, vleis, vis, groente, soutgebak, pastas en slaaie
Roosmaryn (Rosemary) - Vleisgeregte, hoender, sop en souse
Safraan (Saffron) - Rys, vulsels en vleis
Salie (Sage) - Vulsels vir vleis en hoender
Dragon (Tarragon) - Lamvleis, souse en piekels
Tiemie (Thyme) - Vleis (skaap en hoender), groente en sop
Borrie (Turmeric) - Kerrie, geelrys
Bronslaai (Watercress) – Slaaie
Terug Naar Inhoudsopgave



Geglasuurde Wortels



Wortels gee jou nie net krulhare en goeie
oë nie, dis ook geskik vir talle geregte.
Ek kan my kwalik 'n groentewinkel
of huistuin daarsonder voorstel.

(Genoeg Vir: 4-6 Porsies)
(Bereidingstyd: 15 minute)
(Gaarmaaktyd: 30 minute)

Bestanddele:
1 kg wortels, geskil, gesny
60 ml botter
sout na smaak
7,5 ml suiker
'n hand vol gekapte pietersielie
sap van 1 suurlemoen

Voorbereidingsmetode:
1.) Sit die wortels saam met die botter,
sout en suiker in 'n kastrol en
bedek net-net met water.
Bring tot kookpunt, sit die deksel op
en prut totdat die water weggekook
is en die wortels sag en geglasuur is.

2.) Roer die pietersielie deur en voeg
suurlemoensap na smaak by.
Sit dit voor.
Terug Naar Inhoudsopgave



Geroosterde Mielies Met
Rissie-Koljander En Komynbotter




(Genoeg Vir: 8 Persone)

Bestanddele:
3 rooi brandrissies, fyn gekap
(verwyder die pitte as jy nie van
'n sterk brandsmaak hou nie)
250 g botter, teen kamertemperatuur
5 ml fyn komyn
1 hand vol vars koljanderblare, gekap
8 vars mielies, skoongemaak
5 ml sout en vars gemaalde
swartpeper na smaak

Voorbereidingsmetode:
1.) Maak Die Botter: Meng al die
bestanddele, behalwe die
mielies en sout en swartpeper,
saam tot romerig. Skep dit in 'n
opdienbakkie en hou dit eenkant.

2.) Kook die mielies vir sowat 8
minute in water en dreineer dit.
Rooster die mielies nou oor matige
kole of onder 'n voorverhitte
roosterelement totdat dit heeltemal
gaar is en swart spikkels
op die pitte begin verskyn.

3.) Geur die mielies met sout en vars
gemaalde swartpeper en sit dit
voor saam met die gegeurde botter.
Terug Naar Inhoudsopgave



Gevulde Jalapenos



’n Jalapeno is ‘n soort rissie wat byna ovale peule het.
Dit is vernoem na die dorp van Jalapa in Veracruz, Mexiko.
Dit is een van die heel gewildste rissies in Amerika
en ‘n mens kry ook ‘n gedroogde weergawe.
Koop dit by enige goeie groentewinkel of supermark.

(Maak: 40)

Bestanddele:
20 gepekelde jalapenos
50 g chedder-kaas, gerasper
2 hardgekookte eiers, gerasper
50 ml mayonnaise
100 ml roomkaas
1 rissie, fyngekap
knoffelsout, na smaak

Voorbereidingsmetode:
Halveer elk van die in die
lengte en verwyder die sade.
Meng die gerasperde kaas, eiers,
mayonnaise, roomkaas en rissie.
Geur met knoffelsout.
Vul elke helfte met
vulsel en bedien.
Terug Naar Inhoudsopgave



Groenboontjies

Gestoofde groenboontjies was altyd ‘n
gunsteling veral as my Ouma ‘n stukkie
vet skaapvleis of repies swoerd
bygevoeg het vir ekstra smaaklikheid.

(Genoeg Vir: So 6 Persone)

Bestanddele:
500 g groenboontjies
1 middelslag-aartappel
1 middelslag-ui
1 middelslag-tamatie
Sout en peper na smaak
2 E botter of margarien

Voorbereidingsmetode:
Onthaar en kerf die groenboontjies
fyn (omtrent 2 – 3 koppies vol).

Skil en sny die aartappel
in kwarte of effens kleiner,
die uie in skyfies en
die tamatie in stukkies.
Voeg dit by die boontjies.
Voeg ‘n bietjie kookwater
by en met die deksel op
kook vir ongeveer 35 minute oor
matige hitte tot sag – as te droog
voeg nog bietjie kookwater by.

Maak nou die groenboontjie mengsel
fyn met ‘n aartappelfynmaker.
Geur met sout en peper na smaak en
roer die botter of margarien by.
(fyn gekerfde pietersielie daarby ook goed).
Sit warm voor.
(opgewarm die volgende dag is dit nog lekker).
Terug Naar Inhoudsopgave



Guacamole



(Bedien: Omtrent 12 Persone)

Bestanddele:
6 grasuie, dun gesny
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 warm rissie, fyngekap
2 ryp tamaties, geskil,
in blokkies gesny
en sade verwyder
2 ryp avokado’s,
ontpit en geskil (hou pit)
1 e suurlemoensap
1 t sout
growwe peper na smaak

Voorbereidingsmetode:
Meng die grasuie, knoffel,
rissie en tamaties.
Druk die avokado fyn met 'n
vurk maar nie te sag nie.
Meng avokado met grasuie
en tamatiemengsel, voeg
die suurlemoensap by en
geur met sout en peper.
Hou verkoel met advokadopere
bo-op om verkleuring te voorkom.
Bedien met warm tortillaskyfies
(beskikbaar by groot supermarkte).
Terug Naar Inhoudsopgave



Hoenderlewers Pikante



(Genoeg Vir: 4 Persone)
(Bereidingstyd: 10 minute)
(Gaarmaaktyd: 20 minute)

Bestanddele:
15 ml sonneblomolie
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, gekap
500 g hoenderlewers,
skoongemaak en
middeldeur gesny
1 blik rissiegeur tamaties
100 ml soet rissiesous

Voorbereidingsmetode:
Verhit die olie in ’n kastrol, voeg die
ui by en soteer dit vir twee minute.

Voeg die knoffel by.
Voeg die hoenderlewers by
en braai dit alkant bruin.

Voeg die rissiegeur tamaties
en die soet rissiesous by.

Kook dit vir sowat 15 minute, of tot die
lewer gaar is en die sous begin verdik.

Sit dit voor met vars korsbrood.
Terug Naar Inhoudsopgave



Kaas Wors

Bestanddele:
2,25 kg gemaalde varknek
500 g Emmenthaler kaas,
in baie klein blokkies gesny
4½ teelepels sout
5 naeltjies
¾ teelepel salpeter
4½ teelepels gemengde kruie
2 teelepels varsgemaalde swartpeper
1½ teelepel gemaalde wonderpeper
1 teelepel tiemie
1 knoffelknol,
skoongemaak en fyngedruk

Voorbereidingsmetode:
Meng die sout en salpeter
en werk goed in die vleis in.
Laat oornag staan.

Voeg die knoffel en kruie en
speserye by die vleis.
Werk goed deur.
Maal alles weer fyn.

Werk die kaas goed by die vleis in.

Stop die vleis in geskikte derm.

Posjeer die wors vir
20 minute in water van 71ºC.

Maak gaar soos jy verkies.
Terug Naar Inhoudsopgave



Kerrie - Groenboontjies



Dié ou gunsteling is heerlik saam met kouevleise.
Gooi gerus ’n paar vars kerrieblare in as jy dit in
die hande kan kry, dit gee ’n heerlike smaak.

(Maak: 3 liter)
(Bereidingstyd: 20 minute)
(Gaarmaaktyd: 30 minute)

Bestanddele:
2 kg vars groenboontjies, stingelente afgesny
500 g (sowat 3) uie, grofgekap

375 ml water
400 g (500 ml) suiker
500 ml witwynasyn
10 ml borrie
50 ml mielieblom, aangeklam met
water om ’n pasta te vorm
40 ml kerriepoeier, of na smaak
15 ml sout
5 heel peperkorrels

Voorbereidingsmetode:
Gooi die boontjies, water en uie in ’n kastrol en laat dit kook.
Verlaag die hitte tot dit stadig prut, sit die deksel op en prut
vir 15 minute of tot die boontjies sag is, maar nie pap nie.

Roer die suiker en ¾ van die asyn by en
laat dit stadig deurkook vir sowat 10 minute.

Meng die mielieblom, kerriepoeier, sout, peperkorrels
en borrie met die oorblywende asyn.

Roer dit by die boontjiemengsel en kook weer stadig
vir 20 minute of tot die sous effens verdik het.

Skep dit in gesteriliseerde flesse en verseël dadelik.

Laat staan liefs vir ’n week of twee voor
gebruik sodat die geure kan ontwikkel.
Terug Naar Inhoudsopgave



Kerrie Hoender Slaai

Bestanddele:
300 g gaar hoenderborsies,
in blokkies gesny
n halwe koppie seldery
n kwart koppie mayo
30 ml vars suurlemoensap
15 ml kerriepoeier
vars gemaalde swartpeper na smaak

Voorbereidingsmetode:
Meng al die Bestanddele baie goed.
Plaas dit in n lugdigte houer en hou
dit in die yskas vir tenminste 2 ure.
Terug Naar Inhoudsopgave



Kerrienoedelslaai



Dis maklik om te maak en
smaak sommer vorentoe!

(Genoeg Vir: 4 Mense)

250 ml noedels, gekook
volgens aanwysings op pakkie.

Sous Bestanddele:
2 uie, in ringe gesny
kookolie
7,5 ml kerriepoeier
1,5 ml borrie
30 ml blatjang
15 ml appelkooskonfyt
15 ml tamatiesous
80 ml wit asyn
knippie sout
30 ml sultanas
1 blik (440 g) pynappelstukke,
gedreineer (hou sap)
3 — 4 piesangs, in skywe gesny

Voorbereidingsmetode:
Soteer die uie in 'n bietjie kookolie tot sag.
Voeg kerrie en borrie by en roerbraai nog 'n minuut.
Verlaag hitte en voeg res van die bestanddele,
behalwe die pynappelstukke en piesangs, by.
Prut 'n paar minute.
Laat afkoel en meng met die noedels.
Voeg die pynappel en piesangs by en roer liggies deur.
Terug Naar Inhoudsopgave



Kerriepiesangslaai

Bestanddele:
6 piesangs
1 t kerrie
1 k mayonnaise
1 e konfyt

Voorbereidingsmetode:
Sny piesangs in skyfies, meng
sousbestanddele en gooi oor piesang.
Terug Naar Inhoudsopgave



Kerrie - Vir Kerrie En Rys



Bestanddele:
5 Uie
25 ml Kerriepoeier
4 tl. Gemmer
2 1/2kg Maelvleis
5 Eetlepels Appelkooskonfyt
1 tl Borrie
4 tl Sout
200 ml Asyn
2 1/2 Eetl Tamatiesous
2 1/2 Eetl Mielie blom (Mezina)
2 Ekstrak blokkies (OXO)
500 ml Kook water

Voorbereidingsmetode:
Braai uie, kerriepoeier, gemmer
en maalvlais tot goudkleurig.
Voeg dan die konfyt, borrie,
sout, asyn , tamatiesous,
Mielieblom, blokkies OXO
en kookwater by.

Prut op 'n lae hitte vir
15 min en Geniet!!!!
Terug Naar Inhoudsopgave



Knoffelbrood Met Parmesaankaas



Dié resep bly 'n gunsteling.

(Genoeg Vir: 1 Baguette)
(Bereidingstyd: 15 minute)
(Gaarmaaktyd: 25 minute)
(Oondtemperatuur: 220°C)

Bestanddele:
knoffelbotter
'n hand vol Italiaanse pietersielie, gekap
80 ml parmesaankaas, gerasper
1 baguette

Voorbereidingsmetode:
1.) Voorverhit die oond en meng die pietersielie
en parmesaankaas by die knoffelbotter.

2.) Maak insnydings in die baguette –
probeer om nie regdeur te sny nie –
en druk dan klonte gegeurde
botter in die insnydings.
Draai die baguette in foelie
toe (blink kant na binne).

3.) Sit die baguette in die voorverhitte oond,
maak die foelie ná 20 minute oop
en bak dit vir nog 5 minute om
die brood 'n bros tekstuur te gee.
Sit dit warm voor.
Terug Naar Inhoudsopgave



Knoffel En Suurlemoen Skaap Tjops

Bestanddele:
4 knokkelhuisies, fyn gekap
1 ml gedroogde roosmaryn
100 ml suurlemoensap
5 ml vars gemaalde swartpeper
20 ml olyfolie
8 skaap tjops

Voorbereidingsmetode:
Meng al die Bestanddele saam en
gooi dit oor die skaap tjops.
Marineer die vleis vir tenminste 1 uur.

Braai die vleis en geur met
sout en peper indien nodig.
Terug Naar Inhoudsopgave



Krummelpap

(Maak: 6 Porsies)

Bestanddele:
1 litre (4 k) water
5 ml (1 tlp) sout
500 ml ( 2 k) growwe mieliemeel
‘n groot klont botter
Vars gemaalde swartpeper (opsioneel)

Voorbereidingsmetode:
Kook die water en sout in ‘n kastrol of potjie.
Voeg die mieliemeel in ‘n keëlvormige hopie
in die middel van die kokende water by.

Moenie roer nie.
Sit die deksel op en laat op
lae hitte vir 20 minute prut.
Moet nie die deksel lig of loer nie!

Roer na 20 minute met ‘n groot
vurk en na nog twintig minute weer
totdat die pap korrelrig en los is.

Roer botter en gemaalde swartpeper,
net voor bediening in. Geniet!
Terug Naar Inhoudsopgave



Krummelpap [Putupap]

(Maak: 6 Porsies)

Bestanddele:
375 ml water (1,5 k)
5 ml sout (1 t)
300 g mieliemeel (500 ml) (2 k)

Voorbereidingsmetode:
Kook die water en die sout in 'n kastrol,
gooi die mieliemeel stadig by sodat dit
ophoop en die water rondom kook.
Moenie roer nie.

Sit die kastrol se deksel op en kook
10 tot 15 minute lank stadig.
Klop goed met groot vurk.
Sit deksel op en laat verder
oar baie lae hitte gaar word.

Dit neem ongeveer 1 uur.
Terug Naar Inhoudsopgave



Lamskenkels



Bestanddele:
4 lamskenkels van
sowat 600 g elk
100 g meel
100 ml olyfolie
1 blik gekapte tamaties
1 rooi soetrissie,
in groot stukke gesny
2 wortels,
in groot stukke gesny
2 takke seldery,
in groot stukke gesny
1 ui, in kwarte gesny
3 knoffelhuisies
500 ml rooiwyn
2 lourierblare
3 vars takkies origanum
500 ml groente-aftreksel
sout en varsgemaalde
swartpeper na smaak

Voorbereidingsmetode:
Verhit jou oond tot 160 grade C.

Plaas tamaties, soetrissie, wortels, seldery, ui en
knoffel in jou voedselverwerker en kap baie fyn.
(As jy nie 'n voedselverwerker het nie,
sal jy al die groente self moet fynkap.)

Rol die lamskenkels in die meel
en skud die oortollige meel af.

Verhit die olyfolie in 'n groot kastrol
en braai die skenkels tot mooi bruin.

Voeg die fyngekapte groente,
rooiwyn, lourierblare, origanum
en aftreksel by die skenkels.

Geur met sout en varsgemaalde
swartpeper en maak toe met 'n deksel.

Kook vir minstens 3 tot 4 ure tot
die vleis feitlik van die been af val.

Jy kan ook die deksel van die kastrol afhaal
vir die laaste uur as die sous te veel is.
Terug Naar Inhoudsopgave



Maklike Kaas Smeer



Hierdie is 'n maklike, lekker resep en
baie handig vir skool toebroodjies.

(Maak: Ongeveer So 6-8 Medium Botteltjies)

Bestanddele:
1 kg Berg Processed Kaas
(Hierdie Kaas Is Die Beste Om Te Gebruik)
2 koppies Melk
500g Rama Botter

Voorbereidingsmetode:
RASPER KAAS KOOK ALLES
SAAM OOR LAE HITTE
TOT GLAD EN GEEN KLONTE,
HOU AAN ROER.

NB: 'N EKSTRA 1/2kp MELK KAN EENKANT
GEHOU WORD AS KAAS SMEER TE DIK IS
KAN DIT BIETJIE, BIETJIE BY GEGOOI
WORD, SODAT DIT NIE TE DIK IS NIE.

GOOI DADELIK IN BOTTELTJIES, LAAT
AFKOEL VOOR DEKSELS OP GESIT WORD.
HOU IN YSKAS
Terug Naar Inhoudsopgave



Maklike Mieliebrood In 'n Blik



(Genoeg Vir: 4 Mense)
(Bereidingstyd:15 minute)
(Baktyd: 45 minute)
(Oondtemperatuur: 160°C/325°F)

Bestanddele:
250 g spek, gekap
410 g blik mieliepitte, gedreineer
60 ml pietersielie, gekap
100 ml koekmeel
50 ml suurroom
5 eiers
2.5 ml sout
swartpeper na smaak
5 ml bakpoeier

Voorbereidingsmetode:
Braai die spek in hulle eie vet in 'n braaipan
tot bros en dreineer dit dan op kombuispapier.

Gooi die orige bestanddele by en meng deur.

Smeer 'n groot konfytblik met botter en
voer die blik met gesmeerde bakpapier uit.

Gooi die blik driekwart vol met die beslag.

Bedek dit met foelie en bak dit in 'n
voorverhitte oond vir 30-45 minute.

Keer die brood uit, sny dit in dik snye en sit
dit voor saam met botter en gerasperde kaas.
Terug Naar Inhoudsopgave



Mexikaanse Guacamole



(Genoeg Vir: 200 ml)
(Bereidingstyd: 5 minute)

Bestanddele:
1 groot, ryp avokado, fyngedruk
15 ml vars suurlemoensap
15 ml fyngekapte ui
1 rooiryp tamatie, skil en pitte
verwyder en in blokkies gesny
1 - 2 groen brandrissies, ontpit en gekap
30 ml vars koljanderblare
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Voorbereidingsmetode:
Meng al die bestanddele saam.
Moenie te lank vooraf berei nie,
want die avokado gaan verkleur.
Terug Naar Inhoudsopgave



Nacho's



Bestanddele:
Dorito’s Nacho Cheese Chips
Dorito’s Salsa Mix
Gerasperde Cheddar en/of
Mozzarella Kaas
Suurroom
Guacamole (Fyngemaakte avo met
chilli speserye, sout, peper en aromat)

Voorbereidingsmetode:
Gooi ‘n laag chips in die hoeveelheid bordjies soos benodig.
Drup salsa na smaak oor chips. Herhaal.
Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak/grill in oond
tot gesmelt of sit in mikrogolf tot kaas gesmelt is.
Bedien met suurroom en guacamole.
Terug Naar Inhoudsopgave



Oondgeroosterde Knoffel



Dis die lekkerste ding om 'n
huisie gekaramelliseerde knoffel
uit die skil te druk en weg te lê
aan die subtiele, murgsagte geur.
'n Mens kan ook die knoffel by
die pansappe van geroosterde
lamsvleis roer om 'n geurige sous te
maak, of gooi dit by enige kasserolgereg.

(Bereidingstyd: 2 Minute)
(Gaarmaaktyd: 40 Minute)
(Oondtemperatuur: 180°C)

Bestanddele:
knoffelbolle
olyfolie
lourierblaar
vars takkies tiemie

Voorbereidingsmetode:
1.) Voorverhit die oond, sny die knoffelbolle
in die helfte en drup olyfolie bo-oor.
Sit 'n paar tiemietakkies bo-oor of druk
'n lourierblaar in en bak die knoffel
vir sowat 40 minute of tot sag.

2.) Lees die wenke, of bêre die uitgedrukte puree
vir hoogstens twee weke in die yskas.
Onthou om dit met 'n lagie olyfolie te bedek.

Wenke:
Maak 'n heerlike sous deur
30ml knoffelpuree met 15ml olyfolie,
15ml masala en 100ml dik room te meng.
Gooi dit in 'n kastrolletjie, kook oor lae hitte
tot 'n dik sous en geur dit met sout en swartpeper.
'n Mens kan die knoffelpuree ook gewoonweg
geur met sout en swartpeper en klop tot
'n dik botter wat op geroosterde baguettes
of biefstuk gesmeer kan word.
As die geur te sterk is, kan jy dit met 'n
bietjie roomkaas meng vir 'n heerlike smeer.
Terug Naar Inhoudsopgave



Pampoentjie



Sny ’n lemoenpampoentjie,
skorsie of ander klein pampoentjie
middeldeur en haal die pitte uit.

Kook dit in ’n bietjie water tot
dit net sag is, en dreineer dit.

Maak ’n vulsel deur:
125 g fyngekapte strepiespek
te braai tot dit bros is.

Giet die oortollige vet af en voeg ’n
halwe gekapte geel en rooi soetrissie by.
Soteer die soetrissies vir twee minute.

Skep die vulsel in die pampoentjiehalwes
en pak dit op ’n bakplaat.
Strooi gerasperde mozzarella
bo-oor en rooster dit in die
oond tot die kaas gesmelt het.
Geniet!
Terug Naar Inhoudsopgave



Pannekoek



Pannekoek kan op talle verskillende
maniere voorgesit word.
Jy kan dit met maalvleis vul en die
lekkerste cannelloni daarmee maak.
Sommer net so gebak, met kaneelsuiker
oor en saam met suurlemoen voorgesit,
is dit eenvoudig heerlik.

(Genoeg Vir: 60 Pannekoeke)
(Bereidingstyd: 20 minute
(plus rustyd van 1 uur)
(Gaarmaaktyd: 1 uur)



Bestanddele:
4 x 250 ml (480 g) koekmeel
5 ml bakpoeier
10 ml sout
10 ml strooisuiker
8 ekstragroot eiers
1 liter melk
250 ml olie
10 ml suurlemoensap
of brandewyn

Voorbereidingsmetode:
1.) Sif die koekmeel, bakpoeier,
sout en suiker saam.
Klits die eiers en klop
die melk geleidelik by.

2.) Voeg die melkmengsel bietjies-bietjies by die
meelmengsel en maak eers aan tot 'n pasta.
Voeg nog van die melkmengsel by en meng dit
met 'n houtlepel tot die mengsel glad en loperig is.
Voeg die res van die melkmengsel by en meng.
As dit klonterig is, kan jy 'n voedselverwerker
of handmenger gebruik om van die klonte
ontslae te raak óf jy kan dit deur 'n sif gooi.

3.) Klop die olie in 'n dun straaltjie by.
Die beslag sal effens verdik.
Roer die suurlemoensap by en laat
dit vir sowat 'n uur staan voordat
jy die eerste pannekoek bak.

4.) Verhit 'n staal- of gietysterpan.
Skep net genoeg beslag in die
pan om die bodem te bedek,
kantel die pan tot die bodem
bedek is en sit die pan
terug op die hitte.
Bak dit vir sowat 'n minuut.
Keer die pannekoek om en
braai vir nog sowat 'n minuut.
Hou pannekoek warm op 'n bord
oor 'n kastrol met warm water.
Terug Naar Inhoudsopgave



Piesangslaai



Die slaai is heerlik yskoud,
en gaan veral lekker saam
met 'n braaivleisie.

Bestanddele:
6 tot 8 groot piesangs
300 - 500 ml piesangjogurt
'n derde tot 'n halwe
blikkie kondensmelk
10 ml suurlemoensap

Voorbereidingsmetode:
Die piesangs word in skyfies
gesny en gemeng met die jogurt,
kondensmelk en suurlemoensap.

Jogurt en kondensmelk kan maar
bygevoeg word volgens smaak.

Die suurlemoensap verleen nie
net lekker smaak nie, maar keer
ook dat die piesangs swart word.
Terug Naar Inhoudsopgave



Romerige Hoender



(Genoeg Vir: 4 Mense)
(Bereidingstyd: 20 minute)
(Gaarmaaktyd: 30 minute)

Bestanddele:
30 ml olie
3 groot hoenderborsies, in repies gesny
1 ui, gekap
5 bruinsampioene, gekap
1 rooi soetrissie, gekap
30 ml meel
180 ml hoenderaftreksel, warm
375 ml volroommelk, warm
250 ml bevrore ertjies

Voorbereidingsmetode:
Braai die hoenderrepies in 15 ml olyfolie in 'n
swaarboomkastrol tot goudbruin en gaar.
Skep uit en hou eenkant.

Braai die ui en sampioene in die res
van die olie indieselfde pan tot die
ui glansend en die sampioene sag is.
Voeg die soetrissie en meel by en roer deur.

Voeg die warm aftreksel by
terwyl jy aanhoudend roer.
Roer ook die melk by.
Prut terwyl jy aanhoudend roer tot die sous
dik en deurgaar is, ongeveer 15 minute.

Skep die hoender en die ertjies
by en verhit tot deurwarm.
Geur met sout en peper en gekapte pietersielie.
Sit voor met basmatirys of roer deur gaar pasta.
Terug Naar Inhoudsopgave



Scone Resep



Bestanddele:
250 mls room (1 koppie)
1 klein blikkie limonade (kroeg grootte)
1 klein pakkie 'selfraising flour'
1/2 tlp sout

Voorbereidingsmetode:
Sif sout en meel.
Sny room en limonade
in, meng versigtig.

Rol uit, verf met geklitse eier
of melk en bak in vooraf
verhitte oond 220 vir
ongeveer 15 tot 20 minute.
Terug Naar Inhoudsopgave



Spaanse Aartappels

(Bedien: 4 Persone)

Bestanddele:
1 lepel gekapte uie
2 lepels gekapte groen rissies
4 lepels olie
2 kop gekookte aartappels - gekap
½ kop gekookte ham - gekap
sout na smaak
½ tel paprika

Voorbereidingsmetode:
Braai uie, groen rissie tot goudbruin.
Voeg aartappels, ham, sout en peper.
Kook tot sag.
Terug Naar Inhoudsopgave



Stamp Mieliegereg

Bestanddele:
4 Koppies Gaar Stampmielies
2 Uie
250g Sampioene
250g Bacon Bits
1 Koppie Mayonnaise
1 Koppie Room
1/2 Koppie Blatjang
1 Pakkie Bruinuie Sop
Gerasperde Kaas
Pietersielie
Rooi Peper

Voorbereidingsmetode:
Braai die uie, bacon
en sampioene tot gaar.

Meng die sop, mayonaise,
Blatjang en room saam.

Meng alles saam en gooi in bak,
strooi kaas oor, gooi die pietrsielie en
rooi peper oor en bak tot kaas gesmelt.

Geniet dit saam met braaivleis
of sommer net met 'n slaai.
Terug Naar Inhoudsopgave



Stywe Mieliepap

Kook 6 koppies water,
voeg ‘n ½ teelepel sout by.

Gooi nou 2 koppies meel so droog
in die middel van die kokende water,
laat die droë meel so stil lê en kook
dit vir ‘n uur, roer dan totdat
daar nie meer klontjies in is nie.

Skuif na agter toe op die stoof en
laat so stadigaan gaar word.
Roer af en toe, pasop vir brand.

Dit sal ‘n bietjie droog
en krummelrig wees.
Roer klont botter in.
Terug Naar Inhoudsopgave



Tamatieblatjang



Bestanddele:
1 kg tamaties
250 g bruinsuiker
250 ml witasyn
250 g sultanas
15 ml mosterdpoeier
15 ml fyn gemmer
15 ml sout
2 uie, in dun skyfies gesny
1 ml rooipeper

Voorbereidingsmetode:
Dompel die tamaties 'n
paar minute in kookwater
en daarna in koue water
en trek die skillitjies af.
Sny die tamaties fyn.

Meng al die Bestanddele en kook dit
stadig tot die regte dikte verkry is.
Roer dit af en toe om te
verhoed dat dit aanbrand.

Bottel dit warm en maak seker dat
geen metaal die blatjang raak nie.
"Kook en Geniet"
Terug Naar Inhoudsopgave



Tamatie En Uie Sous Vir Pap En Wors



Bestanddele:
1 Blikkie fyn tamaties OF
5 geblanseerde tamaties
1 groterige ui
1 Pakkie Uie sop
Bisto
Sout en peper

Voorbereidingsmetode:
Braai uie tot goudbruin,
voeg gekerfe tamaties
by en prut vir 5 min tot
alles deurwarm is.

Meng die Uiesop en 3 eetlepels Bisto
met 'n 600 ml water en voeg by.
Indien jy dit dikker
verkies gooi meer Bisto by.
Voeg sout en peper by en geniet!!!
Terug Naar Inhoudsopgave



Vars Vrugte In Gemmerstroop



Die gemmerstroop kompleteer
die smaak van die vrugteballetjies
en sal jou ook aangenaam verras.
Sit dit yskoud voor.

(Genoeg Vir: 6 Porsies)
(Bereidingstyd: 40 minute)

Bestanddele:
1 klein waatlemoen
1 geel spanspek
1 groen spanspek
vars mentblare

Stroop:
500 g suiker
1 liter water
skil van 1 suurlemoen, in repies gesny
skil van 1 lemoen, in repies gesny
'n stuk vars gemmer, geskil, gerasper


Voorbereidingsmetode:
1.) Roer die suiker en water oor lae
hitte totdat die suiker opgelos is.
Voeg die oorblywende bestanddele
by en bring tot kookpunt.
Prut vir sowat 'n uur of tot stroperig.
Laat afkoel en verwyder die
suurlemoen- en lemoenskil.

2.) Gebruik 'n balletjie-skeplepel en
maak balletjies van die vrugte,
of sny dit net in blokkies.
Plaas die vrugte in die afgekoelde
stroop en voeg die mentblare by.
Meng dit deur en sit dit vir
sowat 1-2 uur in die yskas.
Sit dit voor saam met Griekse
jogurt, geklopte room of roomys.
Terug Naar Inhoudsopgave



Vetkoek



Bestanddele:
1 kg koekmeel
½ e sout
1 pakkie kitsgis (10g)
'n half liter louwarm water

Voorbereidingsmetode:
Meng koekmeel, sout en kitsgis.
Voeg water by droë bestanddele
en meng goed tot alle bestanddele nat is.
Knie tot die deeg elasties is.
Laat die deeg 15-30 min staan om te rys.
Knie die deeg weer af.
Rol uit en sny in stukke
(grootte volgens voorkeur).
Diepbraai in rook-warm olie tot goudbruin.
Terug Naar Inhoudsopgave

Visvinger Hotdog

Bestanddele:
30 ml mostert
15 ml bruin suiker
30 ml suurlemoensap
90 ml olyfolie
slaaiblare, gewas
komkommer, in skywe gesny
8 visvingers
hot dog rolletjies
gebraaide uie

Voorbereidingsmetode:
Meng die mostert, suiker,
suurlemoensap en olie goed saam.

Braai die visvingers in die oond
volgens die aanwysigings op die pakkie.

Plaas die rolletjies vir n kort rukkie
in die oond saam met die visvingers.

Sny die rolletjies oop en plaas die
slaaiblare, komkommer, visvingers,
sous en gebraaide uie in die rolletjies.
Terug Naar Inhoudsopgave